Geplaatst

Geprojekteerde skaduprosessie (1999)

Geprojekteerde skaduprosessie (1999)                                                               (aswarm woorde vir William Kentridge)

Orkestrale begeleiding
dien die kunstenaar as rigtingwyser –
Victoriaans geklee die Espressoketeltjie.

bobom bom bom bô-om bom bie bom bom
babam bam bam bâ-am bam bie bam bam

Die hasieskêr knil slim
’n palmman en danser uit
om by die prosessie aan te sluit.

babam bam bam bâ-am bam bie bam bam
bobom bom bom bô-om bom bie bom bom

’n soldaat volg dreigend
Waat’n vriend hetos in Jieesus

Gebukkend beur ’n arbeider onder sy swaar vrag.
Agter hom kruiwastoot ’n kind sy hond.
Moedeloos sug ’n vrou onder haar droë stortkop.

’n soldaat volg verwilderd
Hyyy watin os plek wil staaan

Twee draagbaardraers struikel onder hul beseerde.
Iemand sukkel op krukke vorentoe, gepynig,
houtbeen agterna, hinke-pinke

’n soldaat volg verslae
waat’n voorreg om geduurig tot Gods troon deur hom te gaaan

Die land het gebrand.

’n Vermaerde stokfiguurtjie beur vorentoe
onder ’n skraal vraggie hout
om vuur te gaan maak…

naa na na na na na naa na
naa na na na na na naa

vir koffie uit die Victoriaanse keteltjie
vir ’n askoek vastrap aan die vrolik bevryde danser
vir ’n straaltjie warm water uit die droë stortkop

naa na na na na na naa na
naa na na na na na naa

(Carina van der Walt)

 

Afrikaanse tekst van melodie ingesloten bij Shadow Procession (1999) van William Kentridge

Hallelujalied 444
Wat ’n vriend het ons in Jesus,
Hy wat in ons plek wil staan.
Wat ’n voorreg om gedurig
tot God’s troon deur hom te gaan.

Hoe verbeur ons tog die vrede,
ag, hoe dikwels ly ons smart,
net omdat ons nie ons node
uitstort in God’s Vaderhart.

Carina is een Zuid Afrikaanse dichteres, woonachtig in Tilburg
video: Tom Pijnenburg/Gilaworks